Sint Petrus en Sint Paulus-argipel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sint Petrus en Sint Paulus-argipel (Portugees: Arquipélago de São Pedro e São Paulo, [ɐʁkiˈpɛlɐgu dʒi sɐ̃w ˈpedɾw‿i sɐ̃w ˈpawlu]) is 'n groep van vyftien eilande en rotse wat bykans op die ewenaar geleë is in die Atlantiese Oseaan en deel uitmaak van die grotendeels ondersese Mid-Atlantiese Rug (MAR). Die argipel is 940 km vanaf Suid-Amerika en word beheer deur Brasilië. Die argipel het bekend geraak tot die Franse Vlug 447 hier naby neergestort het op 1 Junie 2009.
Sint Petrus en Sint Paulus-argipel Inheemse naam: Arquipélago de São Pedro e São Paulo | |
---|---|
Brasiliaanse wetenskaplike vlootstasie en vuurtoring op die Sint Petrus en Sint Paulus-argipel | |
Geografie | |
Ligging | Atlantiese Oseaan, noord van die ewenaar |
Koördinate | 0°55′01″S 29°20′45″W |
Argipel | Sint Petrus en Sint Paulus-argipel |
Totale eilande | 15 |
Hoofeilande | Belmonte, Challenger, Nordeste, Cabral, South |
Oppervlakte | 15 000 vk km
17 m |
Administrasie | |
Brasilië | |
Deelstaat | Pernambuco
|
Demografie | |
Bevolking | 4
|
Grootste eiland van Brasilië en grootste riviereiland ter wêreld |
Die argipel is op 20 April 1511 per ongeluk deur 'n Portugese vloot ontdek onder die leiding van kaptein Garcia de Noronha op 'n tog na Indië. Terwyl hulle op die oop see navigeer het, het die karveel Saint Peter onder beheer van kaptein Manuel de Castro Alcoforado op een van die eilande op die rotse geloop. Die bemanning is gered deur die ander karveel Saint Paul. Die eilande is vernoem na die twee karvele.[1]
Op 16 Februarie 1832 was die argipel ook besoek deur Charles Darwin op hulle eerste been van die tog om die wêreld met die HMS Beagle. Die Amerikaanse kernaangedrewe duikboot, USS Triton, het sy onderwatervaart om die wêreld amptelik hier begin.
Ernest Shackleton het op sy laaste ekspedisie (1921 - 1922) na Antarktika ook hier aangedoen.