Sigurd Slang-in-die-oog
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sigurd Slang-in-die-oog (Oudnoors: Sigurðr ormr í auga) of Sigurd Áslaugsson was 'n halflegendariese Wikingvegter en Deense koning wat van die middel van die 9de eeu af aktief was. Volgens verskeie sagas en Skandinawiese geskiedenisbronne uit die 12de eeu en later is hy een van die seuns van die legendariese Wiking Ragnar Lodbrok en sy tweede vrou, Aslaug.[1]
Sy historiese prototipe kon die Deense koning Sigfred gewees het wat in die 870's vir 'n kort rukkie regeer het.[2] Volgens Noorweegse koninklike stambome uit die Middeleeue is hy 'n voorouer van Harald Skoonhaar en het hy sy ma se beweerde afstamming gebruik om te bewys hy stam van die Noorse god Odin af.