Selena-diskografie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die diskografie van Meksikaans-Amerikaanse sangeres Selena bestaan uit haar hele sangloopbaan, wat met sewe onafhanklike ateljeealbums op Freddie Records begin het. Die eerste van hierdie albums was Selena Y Los Dinos, waaruit drie enkelspelers vrygestel is: "Se Acabo Aquel Amor", "Ya Se Va", en "Tres Veces No". In 1984 het Selena na Cara Records oorgeskuif. Nes haar eerste etiket, was "Cara Records" 'n klein platemaatskappy wat in Texas gebaseer was. In uitgawes onder hierdie etiket het Selena se vader, Abraham Quintanilla Jr., aan tien enkelspelers saamgewerk, sommige waarvan voorheen deur ander kunstenaars opgeneem is. Cara Records het egter nie al hierdie opnames aanvaar nie, op grond van kopieregkwessies. Gevolgluik het die etiket Selena — wat toe saam met haar familie as die handeling Selena y Los Dinos opgeneem het — se kontrak gekanselleer.
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Vrystellings | ||
---|---|---|
↙Ateljeealbums | 12 | |
↙Regstreeksalbums | 3 | |
↙Versamelalbums | 34 | |
↙EP's | 7 | |
↙Enkelspelers | 94 | |
↙Musiekvideo's | 17 | |
↙Klankbane | 3 | |
↙Coveralbums | 6 |
Laat 1985 is Selena se tweede album onder die titel The New Girl in Town ten spyte van regsaksie uitgereik. Selena se geluk het hierdie 'n positiewe rigting ingeslaan met 'n platekontrak by GP Records en Manny Guerra aan die hoof van haar promosie.
Selena se 1986 album Alpha het op die rakke verskyn en staan bekend as haar amptelike debuutalbum. Sy het voortgegaan om bekendheid in Texas te verwerf deurdat drie van haar snitte baie radiospeeltyd en kommersiële belangstelling ontvang het.
Haar vierde album is Muñequito de Trapo genoem en uit hierdie album is drie enkelspelers vrygestel. Haar vyfde album, And the Winner Is... (1987), het tien snitte bevat, waarvan vier as enkelspelers uitgereik is. In 1988 is Preciosa, wat Selena se bynaam as titel het, vrygestel, in welke jaar ook Dulce Amor vrygestel is. Laasgenoemde was haar laaste uitgawe op GP Records en uit die album is vyf enkelspelers vrygestel.
Jose Behar, die stigter van EMI Latin, het 'n platekontrak met Selena gesluit, wat dan ook die eerste platekontrak van daardie etiket was. Die selfgetitelde album, Selena, is haar eerste album wat as solohandeling uitgereik is. In 1990 is Ven Conmigo vrygestel, wat tien snitte bevat het en waarvan agt as enkelspelers uitgereik is. 1992 sien die vrystelling van Entre A Mi Mundo, 'n album wat vier nomereen enkelspelers geproduseer het wat op Billboard-tydskrif se Top Latin Songs- en Regional Mexican Albums-trefferlyste verskyn het.
1993 verskyn Selena Live! wat snel die Grammy-toekenning vir Best Mexican/Mexican-American Album ontvang het.
In 1994 het haar laaste album Amor Prohibido, verskyn. Hierdie album het vier nommereen enkelspelers voortgebring, waarvan een ná haar dood, wat op die Billboard Hot Latin Tracks-trefferlys verskyn het. Teen hierdie tyd het Selena die opname van haar eerste Engelstalige album begin. Sy het egter vóór die voltooiing van dese gesterf.
1995 is haar nadoodse album Dreaming of You vrygestel.