Sekondêre sektor van die ekonomie
nywerhede wat 'n voltooide, bruikbare produk produseer of by konstruksie betrokke is / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die industriële sektor of sekondêre sektor is die ekonomiese sektor waar produkte vervaardig word uit natuurlike hulpbronne wat deur die primêre sektor ontgin is, met ondernemings wat die grondstowwe van die primêre sektor verwerk. Die produkte word gewoonlik deur die tersiêre sektor aan die verbruiker verkoop.
Die sekondêre sektor staan ook bekend as die industriële sektor. Die ambagte, konstruksiebedryf [1] en ander nie-geïndustrialiseerde nis of gespesialiseerde vervaardigingsbedrywighede word ook in die sekondêre sektor ingesluit.
In die meeste gevalle word dienste wat nywerheidsondernemings vir hulself produseer (byvoorbeeld interne skoonmaakwerksaamhede) as onderdeel van die sekondêre sektor getel, terwyl dit eintlik tot die tersiêre sektor behoort. Wanneer dit uitgekontrakteer word dit wel as deel van die tersiêre sektor beskou, waar hierdie tipe dienste formeel hoort.
Hierdie feit lei tot 'n vooroordeel in die ontwikkeling van die sektore. Juis vanweë die tendens om dienste uit te kontrakteer- welke tendens vanaf die middel van die 1970's sigbaar geword het as gevolg van ondernemings se toespitsing op kern aktiwiteite, is verskeie interne dienste uitgekontrakteer aan gespesialiseerde diensverskaffers. As gevolg hiervan het die gerapporteerde omvang van die sekondêre sektor sneller afgeneem as wat werklik die geval is. Trouens, die sekondêre sektor is deur die jare te omvangryk voorgestel.