Ekonomiese sektor
konseptuele groepering van ekonomiese aktiwiteite / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Ekonomiese sektor of sakesektor verwys na 'n gedeelte van die ekonomie gebaseerd op die algemene aard van hul aktiwiteite en waar hulle in die produksieproses inpas. Die ekonomie is histories in drie sektore verdeel volgens die Drie-sektore-hipotese:[1]
- Primêre sektor - ontginning of versameling van grondstowwe, soos koring, koolstof, hout en yster. ('n Steenkoolmyner, boer of visserman sal werkers in die primêre sektor wees.)
- Sekondêre sektor - verwerking van grondstowwe na goedere bv. vervaardiging van staal in motors, of tekstiele tot klere. ('n Bouer en 'n kleremaker sal werkers in die sekondêre sektor wees.)
- Tersiêre sektor - beskikbaarstelling van dienste of produkte aan verbruikers en ondernemings, soos babasit, bioskope en bankwese ('n Winkelier en 'n rekenmeester sal werkers in die tersiêre sektor wees.)
In die 20ste eeu het ekonome begin voorstel dat tradisionele tersiêre dienste verder van mekaar onderskei kan word in: "kwaternêre" en kwinêre diens sektore. Ekonomiese aktiwiteite in die hipotetiese kwaternêre sektor bestaan uit inligtings- en kennisgebaseerde dienste, terwyl kwinêre dienste die industrie aktiwiteit wat verband hou met menslike dienste en gasvryheid insluit.[2]