Satellietbus
Tipe ruimtetuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Satellietbus (ook ruimtetuigbus) is die hoofraam en strukturele gedeelte van 'n satelliet of ruimtetuig waarin die loonvrag en al die wetenskaplike instrumente geberg word.
Busontplooide satelliete verskil van spesifiek- ontwerpte satelliete. Eersgenoemde word aangepas vir die kliënt se behoeftes bv. spesiale sensors of kommunikasietransponders om te verseker dat die sending suksesvol voltooi word.[1][2][3][4]
Satellietbusse word gewoonlik gebruik vir geosinchrone satelliete, veral telekommunikasiesatelliete. Hulle word ook gebruik vir ruimtetuie wat laer wentelbane gebruik, soms ook vir lae aardwentelbaansendings.