Salmaneser V
From Wikipedia, the free encyclopedia
Salmaneser V[nota 1] (wigskrif: , Akkadies: Salmānu-ašarēd,[2][3][4], van "Salmānu", "voorste"; Bybelse Hebreeus: ַׁלְמַנְאֶסֶר, Šalmanʾeser) was die koning van die Nieu-Assiriese Ryk van die dood van sy vader, Tiglat-Pileser III, in 727 v.C. tot met sy afsetting en sluipmoord in 722 v.C. Hoewel min uit kontemporêre bronne geleer kan word oor Salmaneser V se kort bewind, bly hy bekend vir die verowering van Samaria en die val van die Koninkryk Israel. Soms kry sy opvolger, Sargon II, egter die eer vir dié veldtog.
Kitsfeite Dinastie, Bewind ...
Salmaneser V | |
---|---|
Koning van Assirië | |
Moontlike uitbeelding van Salmaneser V in sy tyd as kroonprins,[1] van een van die reliëfs van sy vader, Tiglat-Pileser III. | |
Dinastie | Adasi |
Bewind | 727-722 v.C. |
Volle naam | Salmānu-ašarēd |
Ander titels |
|
Gesterf | 722 v.C. |
Voorganger | Tiglat-Pileser III |
Assur-dain-aplu | |
Opvolger | Sargon II |
Vader | Tiglat-Pileser III |
Moeder | Iaba |
Sluit