Saljoet 2
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Saljoet 2 (Russies: Салют-2) (OPS-1) is op 3 April 1973 gelanseer.[1] Hierdie ruimtestasie was egter nie in werklikheid deel van die burgerlike Saljoet-program nie, maar wel van die ultra-geheime militêre Almaz-program.[2] Die Almaz-missies is onder die beskerming van die burgerlike Saljoet-ruimteprogram bedryf. Die missie is gelei deur Mikhail Grigoriev, 'n bevelvoerder van die Sowjet-leër.
Saljoet 2 | |
---|---|
Ruimtesending: | Saljoet 2 / Almaz |
Herkoms: | Sowjetunie |
Lansering : | 3 April 1973 Baikonoer |
Geland: | 28 Mei 1971 brand in die atmosfeer uit. |
Verblyf: | Geen |