Saljoet 1
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Saljoet 1 (Russies: Салют-1) (DOS-1), wat op 19 April 1971 gelanseer is,[1] was die eerste ruimtestasie wat ooit in 'n wentelbaan om die Aarde geplaas is. Dit was deel van die Saljoet-program. Vier dae later, op 23 April, het 'n bemanning van drie persone met die Sojoes 10 na die Saljoet gereis. Probleme met die koppeling met die ruimtestasie het veroorsaak dat hulle na twee dae onverrigtersake na die aarde teruggekeer het.[2]
Saljoet 1 | |
---|---|
Ruimtesending: | Saljoet 1 |
Herkoms: | Sowjetunie |
Lansering : | 19 April 1971 Baikonoer |
Geland: | 11 Oktober 1971 brand in die atmosfeer uit. |
Verblyf: | 24 dae |
'n Tweede poging om 'n bemanning aan boord van die Saljoet te bring, was meer suksesvol. Die Soyuz 11 is op 6 Junie gelanseer en na 'n suksesvolle koppeling het die bemanning 23 dae aan boord van die Saljoet deurgebring. Hul terugkeer na die aarde was egter dodelik: 'n lekkende klep in die Sojoes-kajuit het 'n ongeluk veroorsaak.[3]
Op 11 Oktober 1971 brand die Saljoet 1 in die atmosfeer uit.[4]