Safed
stad in noordelike Israel met sowat 30 100 inwoners / From Wikipedia, the free encyclopedia
Safed (Hebreeus: צְפַת, Tsfat, Asjkenasiese Hebreeus: Tzfas, Bybels: Ṣǝp̄aṯ; Arabies: صفد, Ṣafad) is 'n stad in noordelike Israel met 'n bevolking van sowat 30 100.[1] Die stad is met 'n hoogte van ongeveer 900 meter bo seevlak die hoogste stad van Israel.
Kitsfeite Safed צְפַתصفد, Land ...
Safed צְפַת صفد | |
---|---|
'n Uitsig oor Safed | |
Koördinate: 32°57′57″N 35°29′54″O | |
Land | Israel |
Distrik | Noordelike |
Regering | |
• Burgemeester | Shuki Ohana |
Bevolking | |
• Totaal | 30 100 |
Webwerf | zefat.muni.il |
Sluit
Safed is suid van Libanon, net wes van die Jordaanrivier en noordwes van die Meer van Tiberias geleë. Die stad is in ongeveer 66 n.C. gestig en is saam met Jerusalem, Hebron en Tiberias een van die vier heilige stede binne Judaïsme.[2]