Royal National Park
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Royal National Park is 'n natuurreservaat in Nieu-Suid-Wallis, Australië, 29 km besuide van Sydney.
Kitsfeite Koördinate: 34°07′21″S 151°03′50″O ...
Royal National Park | |
---|---|
Land | Australië |
Provinsie | Nieu-Suid-Wallis |
Naaste dorp | Sydney |
Koördinate: 34°07′21″S 151°03′50″O | |
Oppervlak | 150,91 km² |
Openingsjaar | 1879 |
Bestuursliggaam | National Parks and Wildlife Service (New South Wales) |
Webblad | Royal National Park |
Sluit
Die reservaat is deur Sir John Robertson, die waarnemende[1] Premier van Nieu-Suid-Wallis verklaar en formeel geopen op die 26ste April 1879. Dit is die wêreld se tweede oudste natuurreservaat na die Yellowstone Nasionale Park in die V.S.A. Aanvanklik het die reservaat bloot as The National Park bekend gestaan maar is herdoop in 1955 na Elisabeth II, die Koningin van Brittanje daardeur gereis het op pad na Wollongong, tydens haar toer van 1954.[2]