Ronell Renett Klopper
Suid-Afrikaanse botanikus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Ronell Renett Klopper, née Visser, (gebore 26 Januarie 1974 - ), is 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Sy is sedert 2014 die Suid-Afrikaanse Nasionale Plantkontrolelys-koördineerder in die Afdeling Fundamentele Biodiversiteitswetenskappe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI). Klopper is verantwoordelik om die plantkontrolelys op datum te hou en om met die Biodiversiteitsinligtingbestuurseenheid van SANBI te skakel vir die aanlynverspreiding daarvan. Hierdie kontrolelys vorm die taksonomiese ruggraat vir talle projekte, en bestuurs- en gesprekbeplanningsaktiwiteite. Sy kureer ook die Lycopodiophyta-, Pteridophyta- en Asphodelaceae-versamelings van die Nasionale Herbarium (PRE), Pretoria, en doen navorsing oor hierdie groepe. Klopper word tans deur die Nasionale Navorsingstigting as 'n C3-wetenskaplike (Gevestigde navorser) gegradeer.[1]
Die standaard- skrywerafkorting Klopper word gebruik om Ronell Renett Klopper as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam gebruik word.