Polymestor
From Wikipedia, the free encyclopedia
In die Griekse mitologie was Polymestor of Polymnestor (Grieks: Πολυμ(ν)ήστωρ) 'n koning van die Bistoniërs in Thracië. Polymestor verskyn in Euripides se toneelstuk Hekabe en in die Ovidiese mite "Hekabe, Polyxena en Polydoros". Polymestor was ook die naam van 'n Griekse koning van die antieke streek Arkadië.[1]