Plejades (sterreswerm)
oop sterreswerm in die sterrebeeld Bul / From Wikipedia, the free encyclopedia
In astronomie is die Plejades (ook Sewe Susters of M45) ’n oop sterreswerm wat bestaan uit warm B-tipe sterre van middelmatige ouderdom in die sterrebeeld Bul. Dit is een van die naaste sterreswerms aan die Aarde en die een wat die maklikste met die blote oog gesien kan word. Die naam kom van die Plejades in die Griekse mitologie.
- Vir 'n artikel oor die sewe susters in die Griekse mitologie, sien Plejade (mitologie)
Kitsfeite
Plejades | ||||
’n Foto van die Plejades van die Digitized Sky Survey. | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Bul | |||
Messier-naam | Messier 45 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 3h 47m 24s[1] | |||
Deklinasie | +24º 7'[1] | |||
Skynmagnitude | 1,6 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 390-460[2][3][4][5] | |||
Ouderdom (jaar) | 100 miljoen | |||
Skynbare grootte | 110 boogminute | |||
Aantal sterre | 500 | |||
Rooiverskuiwing | 18 x 10-6 | |||
Ander name | Sewe Susters, Melotte 22[1] | |||
|
Sluit
Die swerm word oorheers deur warm blou en besonder helder sterre wat binne die afgelope 100 miljoen jaar ontstaan het. Die helderste sterre word omring deur ’n newelagtigheid wat deur ruimtestof veroorsaak word. Sterrekundiges voorspel die swerm sal nog sowat 250 miljoen jaar lank bestaan, waarna dit sal versprei weens swaartekrag-interaksies met ander voorwerpe in die omgewing.