Penisverlenging
From Wikipedia, the free encyclopedia
Penisverlenging of penisvergroting is enige tegniek wat ten doel het om die menslike penis te vergroot. Sommige metodes verleng die penis, ander maak die penisskag dikker en nog ander vegroot die eikel (glans of kop). Tegnieke sluit in chirurgie, aanvullings, olies en plakkers, asook fisieke metodes soos pomp, "melk" en strek.
Chirurgiese penisverlengingsmetodes kan doeltreffend wees, maar daar is 'n risiko van komplikasies en dit word nie medies aanbeveel nie tensy die penis van mikrogroote is. Min wetenskaplike navorsing is oor nie-ingrypende metodes gedoen, en by die meeste is daar 'n gebrek aan bewyse van doeltreffendheid. Daar is egter beperkte wetenskaplike bewyse dat 'n mate van verlenging teweeggebring kan word deur lang strekkings.[1] Sommige kwaksalwersprodukte verbeter die ereksie, wat verbruikers met penisvergroting kan verwar.