Patrice Lumumba
Eerste Minister (1960 tot 1961) van die Demokratiese Republiek van die Kongo / From Wikipedia, the free encyclopedia
Patrice Émery Lumumba (2 Julie 1925 – 17 Januarie 1961) was die eerste wettig verkose premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo nadat hy gehelp het om die land se onafhanklikheid van België in Junie 1960 te bewerkstellig. Slegs tien weke later is sy regering deur 'n staatsgreep omvergewerp.[1] Hy is daarna gevange geneem en vermoor in 'n sluipmoordaanval te Katanga. Die regerings van België en die VSA is hierby geïmpliseer.[2][3]
Kitsfeite Vise, Voorafgegaan deur ...
Patrice Lumumba | |
1ste Eerste Minister van die Republiek van Congo-Léopoldville | |
Ampstermyn 24 Junie 1960 – 14 September 1960 | |
Vise | Antoine Gizenga |
---|---|
Voorafgegaan deur | Koloniale regering |
Opgevolg deur | Joseph Ileo |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | (1925-07-02)2 Julie 1925 Onalua, Katakokombe, Belgies-Kongo (tans DR Kongo) |
Sterf | 17 Januarie 1961 (op 35) Elisabethville, Staat Katanga (tans DR Kongo) |
Politieke party | Mouvement National Congolais |
Eggenoot/-note | Pauline Lumumba |
Kind(ers) | 5 |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Sluit
Hy is in 1966 deur die Mobutu Sese Seko self as 'n nasionale held aangewys.