Pasifaë-groep
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pasifaë-groep is ’n groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die grootste maan in die groep, Pasifaë, en wat waarskynlik dieselfde oorsprong het.
Die voorwerpe in die groep se afstand van Jupiter is in die omgewing van 22,8 en 24,1 gigameter, dieselfde as die Karme-groep. Hulle het ’n inklinasie van tussen 144,5° en 158,2° en ’n eksentrisiteit van tussen 0,25 en 0,43. Die vernaamste lede van groot tot klein is:[1]
- Pasifaë
- Sinope
- Kallirroë
- Megaklite
- Autonoë
- Euridome
- Sponde
Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gee name wat op "e" eindig aan die mane in dié groep.