Paralimpiese Winterspele 1976
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paralimpiese Winterspele 1976 (Sweeds: Paralympiska vinterspelen 1976), destyds bekend as die 1ste Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 21 en 28 Februarie 1976 in Örnsköldsvik, Swede, aangebied. Tydens die geleentheid het 198 atlete uit 16 nasies aan 52 items in 2 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Ie Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Dit was die eerste Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Die Olimpiese Winterspele 1976 is tussen 4 en 15 Februarie in Innsbruck gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is in Toronto, Kanada, aangebied.