Paralimpiese Somerspele 2028
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paralimpiese Somerspele 2028 (Engels: 2028 Summer Paralympics) sal na verwagting tussen 22 Augustus en 3 September 2028 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied word.[1] Dit sal die 18de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele wees. Dit sal ook die eerste keer wees dat Los Angeles die spele gaan organiseer.
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XVIIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die opening- en sluitingseremonies sal in die LA Stadium at Hollywood Park in Los Angeles plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Olimpiese Somerspele 2028 sal tussen 21 Julie en 26 Augustus in Los Angeles gehou word.