Paleis van Westminster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paleis van Westminster, ook genoem die Houses of Parliament, is die vergaderplek van die twee huise van die parlement van die Verenigde Koninkryk – die Britse Hoërhuis, of House of Lords, en Britse Laerhuis, of House of Commons. Dit staan op die noorderoewer van die Teems[nota 1] in die hart van die Londense wyk (of borough) Westminsterstad, naby die historiese Westminster-abdy en die regeringsgeboue van Whitehall en Downingstraat. Die naam kan verwys na enigeen van twee boustrukture: die "Ou Paleis", 'n middeleeuse gebouekompleks waarvan die grootste deel reeds in 1834 vernietig is, en die plaasvervangende "Nuwe Paleis" wat vandag bestaan; dit het die oorspronklike styl en status behou as 'n koninklike woning vir seremoniële doeleindes.
Paleis van Westminster en Westminster-abdy insluitend Sint Margaret-kerk* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Paleis van Westminster, met die Teems en Westminsterbrug op die voorgrond | |
Posisie van die Paleis van Westminster in Groter Londen | |
Koördinate: 51°29′57″N 00°07′29″W | |
Lande | Verenigde Koninkryk |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | i, ii, iv |
Verwysings | 426 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1987 (11de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |