Ouderdom van die Aarde
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die ouderdom van die Aarde is 4.54 ± 0.05 miljard jaar (4.54 × 109 jaar ± 1%).[1][2][3] Hierdie ouderdom is gebaseer op radiometriese datering verkry van meteoroïde. Die ouderdom word ondersteun deur radiometriese ouderdomme van die oudste bekende monsters op aarde en die maan.
- Die artikel handel oor die wetenskaplike ouderdom van die Aarde. Sien ook Geskiedenis van die Aarde.
Met die ontwikkeling van radiometriese datering in die vroeër 20ste eeu, het metings van lood in uraanryke minerale uitgewys dat van die gesteentes se ouderdomme meer as 'n miljard (109) jaar kon wees.[4] Die oudste minerale wat tot op hede geanaliseer is, is klein sirkoon-kristalle vanaf Jack Hills in Wes-Australië met 'n ouderdom van ten minste 4 404 miljard jaar.[5][6][7] Wanneer die massa en ligsterkte van die Son teenoor ander sterre vergelyk word, blyk dit dat die Sonnestelsel nie veel ouer as die gesteentes kan wees nie. Kalsium-aluminiumryke insluitsels, wat die oudste vaste samestellende deel in meteoroïdes is, is ongeveer 4 567 miljard jaar oud.[8][9] Hierdie ouderdom kan geneem word vir die ouderdom van ons sonnestelsel asook die boonste limiet van die Aarde se ouderdom.
Die hipotese is dat die ontstaan van die Aarde plaasgevind het net na die vorming van die kalsium-aluminiumryke insluitsels in meteoroïdes. Die presiese ouderdom van die aarde is nog onbekend, omdat die verloop van tyd vir die ontstaan van die aarde volgens die akkresieteorie moeilik is om te bepaal. Die akkresiemodelle lewer waardes van 'n paar miljoen tot omtrent 'n 100 miljoen jaar. Die presiese ouderdom van die oudste gesteentes op aarde wat dagsoom is ook moeilik bepaalbaar, siende dit uit verskillende mineraalsamestellings van verskillende ouderdomme bestaan.