Otavi
dorpie in Namibië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Otavi is 'n dorp met 4 000 inwoners in die Otjozondjoepa-streek van sentraal Namibië. Dit is die hoofstad van die Otavi-kiesafdeling. Groot dele van die gebied is dolomiet (Prekambries) en was in die verlede bekend vir sy minerale rykdom. Meeste van die voorrade is egter nou uitgeput.
Kitsfeite Land, Streek ...
Otavi | |
---|---|
'n Lugbeeld van Otavi in 2018 | |
Leuse(s): Volhard en Oorwin | |
Koördinate: 19°39′S 17°20′O | |
Land | Namibië |
Streek | Otjozondjoepa |
Kiesafdeling | Otavi |
Bevolking | |
• Totaal | 3 813 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Sluit
Op die plaas Khorab, 2,6 km noord van Otavi is 'n gedenkteken ('n klip) wat die onderhandelinge tussen die Suid-Afrikaanse en Duitse troepe tydens die Eerste Wêreldoorlog aandui. Die onderhandelinge het gelei tot die Vrede van Khorab op 9 Julie 1915 en die oorgawe van ongeveer 4 000 Duitse soldate.[1]