Oscar Pistorius
Suid-Afrikaanse naelloper en veroordeelde moordenaar (gebore 1986) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Oscar Leonard Carl Pistorius (gebore 22 November 1986 in Sandton, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse gewese paralimpiese atleet en veroordeelde moordenaar. Albei sy bene is op die ouderdom van 11 maande onder die knieë geamputeer. Hy word later bekend as die "vinnigste man sonder bene" deur met spesiaal ontwerpte lemme te hardloop.
Oscar Pistorius | |
---|---|
Oscar Pistorius in 2011 | |
Volle naam | Oscar Leonard Carl Pistorius |
Geboortedatum | 22 November 1986 (1986-11-22) (37 jaar oud) |
Geboorteplek | Sandton, Johannesburg |
Beroep | Beroepsnaelloper |
Pistorius het 'n ouer broer, Carl (gebore 17 Februarie 1985) en 'n jonger suster, Aimée (gebore 28 Februarie 1989). Sy pa is Henke Pistorius (gebore 15 Maart 1953). Sy ma, Sheila (gebore 9 Mei 1960) is op 6 Maart 2002 oorlede.
Pistorius het meegeding in die T44-afdeling (enkele amputasie onder die knie), ten spyte daarvan dat hy eintlik in die T43-kategorie (dubbele amputasie onder die knie) tuishoort. In 2007 neem hy aan sy eerste internasionale kompetisie vir niegestremde atlete deel. Aanvanklik was sy deelname omstrede ná bewerings dat sy lemme hom 'n onregverdige voordeel gee.
Aanvanklik word Pistorius deur die Internasionale Atletiek Federasie verbied om aan die Olimpiese Somerspele 2008 deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee.[1] Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.
Op 19 Julie 2011 oortref hy sy beste tyd in die 400 m in Italië en word die eerste paralimpiese atleet om vir die 2012-wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, en die Olimpiese Spele in Londen te kwalifiseer.[2] Pistorius het tydens die openingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2012 die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[3]