Orania Beweging
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Orania Beweging (ook: Afrikanervryheidstigting[1]) is 'n kultuur-politieke vereniging sonder winsoogmerk wat steun vir Orania en Afrikaner-selfbeskikking probeer werf. Die vereniging onderhou en ontwikkel ook die filosofiese gedagte agter Orania. Die Orania Beweging is in 1988 deur Carel Boshoff gestig.[2] Die huidige president van die Orania Beweging is Carel Boshoff IV.[3]
Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Afrikanervryheidstigting handeldrywend as Orania Beweging | |
Die inligtingskantoor van die Orania Beweging aan die Saffierstraat in Orania. | |
Tipe | Vereniging sonder winsoogmerk |
---|---|
Gestig | 1988 |
Stigter(s) | Carel Boshoff |
Hoofkantoor | Orania, Noord-Kaap, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Carel Boshoff IV (President) Jaco Kleynhans (HUB) |
Werknemers | 20 |
Dogter- maatskappye | EPOG Helpsaamfonds Gousblom Ontwikkeling Orania Beweging Europa Orania Groeifonds Orania Kunsteraad Orania Sportfederasie |
Webwerf | orania.co.za |
Sluit
Die Orania Beweging hanteer die eksterne skakeling van Orania en onderhou kontakte met ander organisasies in Suid-Afrika en daarbuite. Ook probeer die Orania Beweging met verskeie filiale die gemeenskapslewe binne Orania aan te jaag.