Normandië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Normandië (Frans: Normandie, [nɔʁ.mɑ̃.di], Normandies: Normaundie) is 'n région en historiese provinsie in die noordweste van Frankryk, wat van die riviervlaktes van die Seine (Haute-Normandie) tot by die skiereiland Cotentin (Basse-Normandie) en die Kanaaleilande strek. Hoewel die vasteland deel uitmaak van die Franse Republiek, is die Kanaaleilande sedert die middeleeue 'n Britse kroongebied.
Normandië
| |
---|---|
Départements | Calvados Eure Manche Orne Seine-Maritime |
Prefektuur | Rouen |
Bevolking | 3 568 476 inw. (2012) |
Bevolkingsdigtheid | 119 inw./vk km |
Oppervlakte | 30 100 vk km |
Arrondissemente | |
Kantons | |
Munisipaliteite | |
President van Gewestelike Raad | Hervé Morin (NC) |
In die huidige Frankryk verwys die term Normandië dikwels na die voormalige administratiewe geweste Haute-Normandie met die départements Seine-Maritime en Eure, en Basse-Normandie met die départements Calvados, Manche en Orne met 'n totale oppervlakte van 29 906 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 3,45 miljoen. 'n Aantal kantonne, wat histories deel uitmaak van die ou provinsie Normandië, is tydens die Franse Rewolusie by die départements Eure-et-Loir, Mayenne en Sarthe ingelyf en maak nou deel uit van die geweste Centre en Pays de la Loire.
'n Nimmereindigende stryd teen natuurkragte het net soos die avontuurlus van hulle Wiking-voorvaders die karakter van die mense in Normandië gevorm, wat dikwels as eiesinnig, koppig en terughoudend beskryf word.