Sarthe
Franse departement / From Wikipedia, the free encyclopedia
Sarthe (72) is 'n département (administratiewe distrik) in die weste van Frankryk. Dit is een van die vyf départements in die région (gewes) Pays de la Loire. Die prefektuur (administratiewe hoofstad) is Le Mans.
Sarthe (72) | |
---|---|
Gewes | Pays de la Loire |
Prefektuur | Le Mans |
Onderprefekture | La Flèche Mamers |
Bevolking | 565 518 inw. (2011) |
Bevolkingsdigtheid | 91 inw./vk km |
Oppervlakte | 6 206 vk km |
Arrondissemente | 3 |
Kantonne | 40 |
Munisipaliteite | 375 |
President van die Conseil général |
Jean-Marie Geveaux |
Die département het ongeveer 566 412 inwoners (2019 skatting). Dit is een van die oorspronklike 83 Franse départements waarin Frankryk tydens die Franse Rewolusie ingedeel is.