Natuurlewe van Bhoetan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Koninkryk van Bhoetan is 'n klein land geleë op die suidelike hange van die Oos-Himalaja. Na die noorde lê die Tibet outonome gewes van China en na die weste, suide en ooste lê die Indiese state van Assam, Arunachal Pradesh, Sikkim en Wes-Bengale.
Die gebied is van die mees ruwe in die wêreld, wat gekenmerk word deur 'n groot variasie in hoogte bo seevlak. Binne 240 km tussen die suidelike en noordelike grense, styg Bhoetan se hoogte bo seevlak van 150 tot meer as 7 500 meter. Hierdie groot geografiese diversiteit gekombineer met die ewe diverse klimaatstoestande dra by tot Bhoetan se unieke omvang van biodiversiteit en ekosisteme.
Die tier, Indiese renoster, goue langoer, roomkleurige luiperd, Bengaalse konyn en die luidier leef in die tropiese laeveld en hardehoutwoude in die suide. In die gematigde sone word gryslangoer, tiere, gewone luiperds, gorals en bosgems gevind in gemengde breëblaarstruik en dennewoude. Vrugte-draende bome en bamboes verskaf 'n habitat vir die Himalaja swartbeer, rooipanda, eekhoring, sambar, wilde vark en muntjak. Die alpynse habitat van die groot Himalaja-bergreeks in die noorde is die tuiste van die sneeuluiperd, blou skape, marmot, Tibetaanse wolf, bokke en Himalaja muskustakbokke.
Plantegroei is welig en voëls is in oorvloed met meer as 770 spesies van voëls en 5 400 spesies van plante wat oor die hele land aangetref word.