Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck is die mees sentrale beskermde gebied in Bhoetan. Dit beslaan ’n gebied van 1 730 km2 in Sentraal-Bhoetan en sluit die grootste deel van die Trongsa-distrik in, asook dele van Sarpang, Tsirang, Wangdue Phodrang en Zhemgang.
Kitsfeite
Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck | ||
Land | Bhoetan | |
Distrikte | Sarpang Tsirang Trongsa Wangdue Phodrang Zhemgang | |
Rivier | Mangde Chhu Sankosh Nika Chhu | |
Hoogste punt | 4 925 m | |
Laagste punt | 600 m | |
Oppervlakte | 1 730 km2 | |
Diere | Swartnekkraanvoël rooipanda luiperd tier Himalaja-swartbeer Asiatiese olifant muskushert | |
Datum | 1998 | |
Webtuiste | Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck |
Sluit
Aan die grens van die park van noord tot suidoos loop Bhoetan se hoofsnelweë van oos na wes en van noord na suid. Dit is ook deur "biologiese korridors" met ander beskermde gebiede in Noord-, Oos-, Sentraal- en Suid-Bhoetan verbind. Habitats van die Oos-Himalaja-breëblaarwoude-ekostreek word in die park beskerm.