Namibiese nasionale krieketspan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Namibiese nasionale krieketspan, met die bynaam “die Arende”,[6] is die nasionale krieketspan wat Namibië in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Namibië deur Krieket Namibië (CN, van Engels: Cricket Namibia, CN) beheer. Namibië is sedert 1992 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR),[7] en het in 2007 by die IKR se Hoëprestasieprogram aangesluit.[8] Namibië het aan die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika deelgeneem, maar al sy wedstryde verloor.[9] Hulle het tot dusver aan elke Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem. Saam met Kenia word Namibië tradisioneel as een van die sterker nasionale Afrika-krieketspanne na die toetslande Suid-Afrika en Zimbabwe beskou.
Kenteken van die Namibiese nasionale krieketspan | |||||||||||||
Bynaam | Arende | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konferensie | Krieket Namibië (CN) | ||||||||||||
Personeel | |||||||||||||
EDI-kaptein | Gerhard Erasmus | ||||||||||||
T20I-kaptein | Gerhard Erasmus | ||||||||||||
Afrigter | Pierre de Bruyn | ||||||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid met EDI-status (1992) | ||||||||||||
IKR-streek | AKV (Afrika) | ||||||||||||
| |||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde | |||||||||||||
Eerste EDI | t Zimbabwe op Harare Sportklub, Harare; 10 Februarie 2003 | ||||||||||||
Laaste EDI | t Kanada op Wanderers, Windhoek; 4 April 2023 | ||||||||||||
| |||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 1/13 (eerste in 2003) | ||||||||||||
Beste uitslag | Groepfase (in 2003) | ||||||||||||
Wêreldbeker- kwalifiserings | 6 (eerste in 1994) | ||||||||||||
Beste uitslag | Naaswenner (in 2001) | ||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
Twintig20s | |||||||||||||
Eerste T20I | t Ghana op Kyambogo-krieketovaal, Kampala; 20 Mei 2019 | ||||||||||||
Laaste T20I | t Nigerië op Wanderers, Windhoek; 30 November 2023 | ||||||||||||
| |||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 2/8 (eerste in 2021) | ||||||||||||
Beste uitslag | Super Twaalf (in 2021) | ||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 4 (eerste in 2012) | ||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2023) | ||||||||||||
| |||||||||||||
In onlangse jare het Namibiese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketland Suid-Afrika. Krieket is deur Suid-Afrika na die destydse mandaatgebied Suidwes-Afrika gebring en het daar gewildheid onder die bevolking verwerf, veral in die suide van dié land en rondom Windhoek, maar ook Namibië se nabyheid aan Suid-Afrika het gehelp om die spel in Namibië te laat ontwikkel. Namibië word tans as tweede beste span in Afrika, na die Suid-Afrikaanse Proteas en nog voor die toetsland Zimbabwe, beskou.[10] Vername Namibiese krieketspelers sluit in Neil Rossouw en Pieter Rossouw.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Namibië ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[11] Namibië is tans (Desember 2023) 16de op die eendagranglys en 12de op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13] In Oktober 2019 het die Namibiese nasionale krieketspan tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2019 gekwalifiseer vir die T20I-wêreldbeker 2021, waar hulle in die eerste rondte hul eerste toernooi-oorwinnings teen Nederland en Ierland aangeteken en sodoende tot die Super Twaalf gevorder het, hul beste prestasie nog tydens ’n internasionale toernooi. Daarmee het hulle regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer.[14]