Namibiese dollar
Geldeenheid van Namibië. / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Namibiese dollar (kode NAD) is sedert 1993 die geldeenheid van Namibië.[1] Die eenheid word gelykstaande gehou met die Suid-Afrikaanse rand (ZAR). Laasgenoemde is ook 'n amptelike geldeenheid weens Namibië se lidmaatskap in die Gemeenskaplike Monetêre Gebied.
Muntstukke in sirkulasie is: 5, 10, 50 sent, $1 en $5. Banknote is $10, $20, $50, $100 en $200.[2][3]