Moeketsi Majoro
voormalige premier van Lesotho / From Wikipedia, the free encyclopedia
Moeketsi Majoro (gebore 3 November 1961) is 'n Mosotho ekonoom en politikus wat sedert Mei 2020 as die premier van Lesotho dien. Hy was voorheen die Minister van Finansies in die kabinet van Tom Thabane van 2017 tot 2020. Sedert die 2017-verkiesing verteenwoordig Majoro die Thetsane-kiesafdeling no. 33 in die Nasionale Vergadering. Hy was voorheen 'n senator en die Minister van Ontwikkelingsbeplanning van 2013 tot 2015. Majoro is 'n lid van die All Basotho Convention (ABC).[1]
Kitsfeite Voorafgegaan deur, Minister van Finansies ...
Moeketsi Majoro | |
Majoro in 2013 | |
6de Eerste Minister van Lesotho | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 20 Mei 2020 | |
Voorafgegaan deur | Tom Thabane |
---|---|
Minister van Finansies | |
Ampstermyn 23 Junie 2017 – 19 May 2020 | |
Eerste minister | Tom Thabane |
Voorafgegaan deur | 'Mamphono Khaketla |
Opgevolg deur | Thabo Sofonea |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Moeketsi Majoro 3 November 1961 (1961-11-03) (62 jaar oud) Tsikoane, Basoetoland |
Politieke party | All Basotho Convention (ABC) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Washington State University Nasionale Universiteit van Lesotho |
Sluit