Mejuffrou Suid-Afrika 2017
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mej. Suid-Afrika 2017 is op Sondag 26 Maart 2017 in die Sun City Superbowl gehou. Dit is op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.[1][2]
Die wenner was Demi-Leigh Nel-Peters – sy het die kroon voor 11 ander finaliste, 25 ander deelnemers en meer as 900 inskrywings weggeraap. Sy het Suid-Afrika hierna by 2017 se Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.
Demi-Leigh is deur Mej. SA 2016, Ntandoyenkosi Kunene, gekroon.