Maroela
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die maroela (Sclerocarya birrea (A. Rich.) Hochst) is 'n medium-groot boom wat inheems is aan die miombo bosveld van Suider-Afrika en die Sudano-Sahelianreeks van Wes-Afrika. Dis 'n enkelstam-boom met 'n wye kroon en kenmerkende grys bas. Die maroela groei tot 18 m hoog en word meestal aangetref in oop bosveld. Die vrug van die maroela word gebruik in die bekende Amarula likeur. Die bome word nie gekweek nie; die vrugte word van wilde bome geoes. Die vrug het 'n ligte geel skil, wit vleis ryk aan vitamien C, en 'n groot pit. Dit is sappig wanneer dit geëet word. Maroelas behoort tot die plantfamilie Anacardiaceae. Die boom se FSA-nommer is 360.[2]
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Maroela | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Anacardiaceae |
Genus: | Sclerocarya |
Spesie: | S. birrea |
Binomiale naam | |
Sclerocarya birrea (A. Rich.) Hochst. | |
Sinonieme | |
Poupartia birrea (A. Rich.) Aubrév |
Sluit