Manuel Rivera-Ortiz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Manuel Rivera-Ortiz (gebore 23 Desember 1968 in Pozo Hondo, Guayama, Puerto Rico) is 'n Amerikaanse fotograaf, bekend vir sy dokumentêre foto's van mense se lewensomstandighede in ontwikkelende lande. Van sy werk behoort tot versamelings in museums, waaronder die George Eastman House International Museum of Photography and Film.[1] In 2004 wen hy die En Foco's New Works Photography Award[2][3] en in 2007 die Kunstenaar van die Jaar Toekenning van die Kunste en Kulturele Raad vir die Greater Rochester (Arts and Cultural Council for Greater Rochester).[4]
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Manuel Rivera-Ortiz | |
---|---|
Manuel Rivera-Ortiz, Parys, Frankryk, Desember 2009. | |
Gebore | 23 Desember 1968 (1968-12-23) (55 jaar oud) Guayama, Puerto Rico |
Nasionaliteit | Puerto Rico |
Beroep | Fotograaf |
Webwerf | rivera-ortiz.com |
Sluit