Malaria
parasitiese siekte oogegedra deur 'n muskiet / From Wikipedia, the free encyclopedia
Malaria, afgelei van mala aria (Italiaans: "slegte lug"), of moeraskoors is 'n parasitiese siekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind in Sub-Sahara Afrika plaas. Die WGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het.[2] In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied.
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |