Maggie Smith
Britse aktrise / From Wikipedia, the free encyclopedia
Dame Margaret Natalie "Maggie" Smith, CH, DBE (geb. 28 Desember 1934)[2] is ’n Britse aktrise. Sy het in 1952 haar verhoogdebuut gemaak en het oor meer as 60 jaar ’n uitgebreide loopbaan op die verhoog, in rolprente en op televisie gehad. Sy het in meer as 50 rolprente verskyn en is een van Brittanje se mees erkenbare aktrises.
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Dame Maggie Smith | |
Smith in Maart 2007 met die verfilming van Capturing Mary. | |
Geboortenaam | Margaret Natalie Smith |
---|---|
Geboorte | 28 Desember 1934 (1934-12-28) (89 jaar oud) Romford, Essex, Engeland[1] |
Nasionaliteit | Brits |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1952–tans |
Toekennings | CH, DBE |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sluit
Sy het in 1990 ’n Damekommandeur van die Britse Ryk (DBE) geword vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste,[3] en in 2014 lid van die Orde van die Broeders van Eer (CH) vir haar bydrae tot drama.[4]