Lozère
Franse departement / From Wikipedia, the free encyclopedia
Lozère (48) is 'n département in die suide van Frankryk en vorm saam met vier ander départements die région Oksitanië aan die westelike Mediterreense kus van die land. Die naam is afgelei van die bergreeks Mont Lozère, die hoogste in die Sentraalmassief (Frans: Massif Central) met 1 699 meter.
Lozère (48) | |
---|---|
Gewes | Oksitanië |
Prefektuur | Mende |
Onderprefekture | Florac |
Bevolking | 77 500 inw. (2005) |
Bevolkingsdigtheid | 15 inw./vk km |
Oppervlakte | 5 167 vk km |
Arrondissemente | 2 |
Kantonne | 25 |
Munisipaliteite | 185 |
President van die Conseil général |
Jean-Paul Pourquier |
Met slegs 14 inwoners per vierkante kilometer is Lozère die mees yl bevolkte département van Frankryk. Die inwonertal het van meer as 150 000 in die 19de eeu tot minder as 75 000 in 1999 gedaal.