Louisville Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Louisville Internasionale Lughawe (IATA-kode: SDF, ICAO: KSDF) is 'n openbare en militêre lughawe sentraal geleë in die stad Louisville in Jefferson County, Kentucky, VSA. Die lughawe beslaan 4,9 km2 (1200 akkers) en het drie aanloopbane. Die IATA lughawe kode, SDF, is gebaseer op die lughawe se vorige naam, Standifort Field.
Louisville Int. Lughawe Standiford Field | |||
---|---|---|---|
IATA: SDF – ICAO: KSDF – FAA: SDF | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Louisville Regional Airport Authority (LRAA) | ||
Bedien | Louisville, Kentucky | ||
Spil vir | UPS Airlines | ||
Hoogte bo seevlak | 501 vt / 153 m | ||
Koördinate | 38°10′27″N 85°44′11″W | ||
Webtuiste | www.flylouisville.com | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
17R/35L | 11 887 | 3 623 | Beton |
17L/35R | 8 578 | 2 615 | Beton |
11/29 | 7 250 | 2 210 | Beton |
Statistieke (2021) | |||
Passasiers | 3 171 582 | ||
Lugbewegings | 151 641 | ||
Vrag hanteer (pond) | 6 431 419 629 | ||
Bronne: Louisville Internasionale Lughawe[1] en Federale Lugvaartadministrasie. |
Die lughawe hanteer oor die 3,2 miljoen passasiers en oor die 3,15 miljoen ton (6.4 miljard pond) vrag elke jaar.[2] Dit het geen gereelde geskeduleerde internasionale passasiersvlugte nie, maar dit is 'n toegangspoort, aangesien dit talle internasionale vragvlugte deur die United Parcel Service se wêreldwye lugsentrum deur sy lugredery hanteer, wat dikwels na verwys word as UPS Worldport. Dit is ook die derde besigste in die Verenigde State van Amerika in terme van vragverkeer, en die sewende besigste ter wêreld vir vrag.[3]
Die lughawe is ingesluit in die Nasionale Geïntegreerde Lughawestelselplan vir 2020-2025, wat dit klassifiseer as 'n primêre kommersiële dienslughawe, aangesien dit meer as 10 000 passasiersvertrekke per jaar hanteer.[4] Volgens Federale Lugvaartadministrasie-rekords het die lughawe 3 171 582 passasiersvertrekke in 2021 gehad.
Die lughawe is die tuiste van Worldport, die wêreldwye spilpunt van UPS Airlines. Die Kentucky Air National Guard se 123ste Lugbrugvleuel bedryf Lockheed C-130 Herculesvragvliegtuie vanuit die naasgeleë Louisville Air National Guard Base.