Lee Valley Velopark
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lee Valley Velopark is ’n fietsrysentrum in Stratford in Londen, as deel van die Koningin Elizabeth Olimpiese Park. Die baan word deur Lee Valley Streeksparkowerheid besit en bestuur en is in Maart 2014 vir die publiek oopgestel. Die fasiliteit was een van die vaste wedstrydplekke tydens die Olimpiese en Paralimpiese Somerspele van 2012.
Lee Valley Velopark | ||
Volle naam | Lee Valley Velopark | |
---|---|---|
Ligging | Koningin Elizabeth Olimpiese Park, Stratford, Londen | |
Koördinate | 51°33′1.84″N 0°0′52.71″W | |
Eienaar | Lee Valley Streeksparkowerheid | |
Operateur | Olympic Delivery Authority | |
Kapasiteit | 6 000 | |
Konstruksie | ||
Gebou | 2009 - 2011 | |
Geopen | 2011 | |
Boukoste | £105 miljoen | |
Argitek | Hopkins Architects, Grant Associates | |
Struktuuring. | Expedition Engineering | |
Dienste-ing. | BDSP | |
Huurders | ||
Olimpiese Somerspele 2012 |
Lee Valley VeloPark lê aan die noordekant van Koningin Elizabeth Olimpiese Park. Die het ’n fietsry- en BMX-renbaan wat vir die Spele gebruik is, asook ’n een-myl-padfietsbaan en ’n agt-kilometer-bergfietsbaan.[1] Die park vervang die Eastway-fietsrybaan wat afgebreek is om plek te maak vir die Velopark. Die fasiliteite vir die Olimpiese Spele is tussen 2009 en 2011 gebou en die Velopark is vir die eerste keer in 2011 vir die Londense been van die UCI BMX Supercross-wêreldbekerreeks gebruik.