Lamassu
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lamassu (wigskrif: 𒀭𒆗, an.kal; Sumeries: dlammař; later in Akkadies: lamassu[1][2]) is ’n Sumeriese beskermingsgodheid.[3] Dit is in Sumeriese tye aanvanklik as ’n godin uitgebeeld en is Lama of Lamma genoem, maar van die Assiriese typerk af is dit uitgebeeld as ’n kruising tussen ’n mens, ’n voël en óf ’n bul óf ’n leeu – spesifiek met ’n menslike kop, vlerke en die lyf van ’n bul of leeu, onder die naam Lamassu.[3][4] ’n Minder algemene naam is shedu (wigskrif: 𒀭𒆘, an.kal×bad; Sumeries: dalad; Akkadies, šēdu), wat verwys na die manlike weergawe van ’n lamassu.[5] Lamassu verteenwoordig die diereriem, sterre of sterrebeelde.[6][7]