Kwangali
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kwangali (RuKwangali) is 'n Bantoetaal in Suider-Afrika wat deur sowat 152 000 mense weerskante die Okavangorivier gepraat word. Dit word deur die Kawango's gepraat en is een van die nasionale tale van Namibië. Daarbenewens word Kwangali in die aangrensende land Angola gepraat.
Kitsfeite Kwangali RuKwangali, Amptelike status ...
Kwangali RuKwangali | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Angola Namibië | |
Gebied: | Suider-Afrika | |
Totale sprekers: | 152 000[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Kavango-Suidwes Kwangali | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Namibië (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | kwn | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Kwangali word veral in die voormalige Bantoestan Kavangoland van die destydse Suidwes-Afrika gepraat, dit sluit die Namibiese streke Kawango-Oos en Kawango-Wes in.
Dit is een van die verskeie tale van die Kawango's wat klikgeluide gebruik, hulle is die tandeklik c en gc, saam met prenasalisering en aspirasie. Dit bevat ook 'n nasale glottale benadering.