Kristalwater
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kristalwater is water wat chemies in 'n kristalstruktuur gebind is. Stowwe wat dit bevat word hidrate genoem. Verbindings wat dit kort word anhidrate genoem of met die woord watervry aangedui.[1]
'n Goeie voorbeeld van 'n verbinding met kristalwater is die stof CuSO4·5H2O, die pentahidraat van koper(II)sulfaat wat vyf mol kristalwater per mol kopersulfaat bevat.