Kongo (taal)
taal wat gepraat word deur die Kongos wat in Angola en die twee Kongo's woon / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kongo (Kikongo) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 5,7 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Lingala, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo,[7] naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Kongo in die aangrensende lande Republiek die Kongo en Angola gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken. In die Republiek die Kongo word veral die Kreools Kituba gepraat, wat naas Frans en saam met Lingala as een van twee nasionale tale erken word.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kongo (volk).
Kongo Kikongo | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Demokratiese Republiek die Kongo Kongo Angola | |
Gebied: | Kongorivier | |
Totale sprekers: | 5,7 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Kongo | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Mandombe | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Angola (nasionale taal)[2][3] Demokratiese Republiek die Kongo (nasionale taal)[4][5] Kongo (nasionale taal)[6] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | kg | |
ISO 639-2: | kon | |
ISO 639-3: | kon | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kongo het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en word deur die Kongo-volk in die suidweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.