Klein Sonnestelselliggaam
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Klein Sonnestelselliggaam (KSSL) is ’n voorwerp in die Sonnestelsel wat nie ’n planeet, dwergplaneet of natuurlike satelliet is nie. Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) het die term in 2006 gedefinieer:
Dit sluit dus in alle komete en alle kleinplanete buiten dié wat dwergplanete is. Die KSSL's is dus die klassieke asteroïdes, met die uitsondering van die dwergplaneet Ceres; die trojane; die sentoure; en die trans-Neptunus-voorwerpe, buiten Pluto, Haumea, Makemake, Eris en ander wat later as dwergplanete erken kan word.