Klas 6-stoomlokomotief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Klas 6 is 'n stoomlokomotief wat meestal deur die Kaapse Regeringspoorweë (CGR) in die tydperk voor Suid-Afrikaanse uniewording gebruik is. Die klas het dertien subklasse. Hierdie klas is ontwerp deur Michael Stephens vir gebruik op die snelpassasiersdienste van die CGR. Opeenvolgende bestellings is tussen 1893 en 1904 geplaas by Britse sowel as Amerikaanse vervaardigers.
Kitsfeite Tipe en oorsprong, Kragtipe ...
Suid-Afrikaanse Klas 6 no. 439 op 24 September 2000 in Capital Park | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Kaapse Regeringspoorweë |
Vervaardiger | Dübs and Company |
Serienommer | 3050-3073, 3087-3102[1] |
Model | CGR Klas 6 |
Klas | CSAR Klas 6-L1; CGR OVGS & SAR Klas 6 |
Vervaardig | 1893-1894 |
Aantal gebou | 40 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-6-0 "Tenwheeler" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 724 mm (28 ½ dm) |
Dryfwielomtrek | 1 370 mm (54 dm) |
Wielbasis | Totaal: 12.729 m Enjin: 3.353 m per gekoppelde deel, 6.179 m totaal Tender: 3.200 m |
Lengte | 15.456 m |
Hoogte | 3.861 m |
Raamwerk | Plaatraamwerk |
Asbelasting | 12.1 t op die 2de dryfwiel |
Massa op dryfwiele | 35.3 t |
Lokomotiefmassa | 45.3 t |
Tendermassa | 14.3 t leeg 30.0 t gelaai |
Gesamentlike massa | 75.3 t |
Tendertipe | YB, YC, YE, YE1 toegelaat * 3 asboegies * 940 mm wiele, lengte 6.245 m |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 5.6 t |
Waterkapasiteit | 10 800 ℓ |
Stoomketel | 1.270 m binnediameter 3.407 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 100 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 1.579 m2 |
185 buise van 44.4 mm diameter | |
– Vuurkas | 8.826 m2 |
96.712 m2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 432 mm (17 dm) boor 660 mm (26 dm) slag |
Klepwerk | Stephenson |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 74.3 kN (16 700 lbk) teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Kaapse Regeringspoorweë Oranje-vrijstaat Gouwermentspoorwegen Imperiale Militêre Spoorweë Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë[1][2] Soedanse Spoorweë |
Aantal in klas | 40 |
Vlootnommer(s) | CSAR 336-345 CGR 139-160, 353-370 401-440 [3] |
Afleweringsdatum | 1893-1894 |
Eerste tog | 1893 |
Onttrekkingsdatum | 1973 |
Sluit
Die Kaapse Klas 6-lokomotief is ontwerp by die Soutrivieraanleg van die CGR op dieselfde tydstip as die Klas 7. Terwyl die Klas 7 hoofsaaklik bedoel was as 'n goederelokomotief, is die Klas 6 ontwerp om sy snelpassasiersdiens-eweknie te wees.