Kiri Te Kanawa
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kiri Jeanette Claire Te Kanawa,[1] gebore Claire Mary Teresa Rawstron op 6 Maart 1944) is 'n gewese Nieu-Seelandse operasangeres. Sy beskik oor 'n vol en liriese sopraanstem, welke al beskryf is as "sag, maar tog lewendig, warm, ruim en ongedwonge".[2] Te Kanawa het in die 1980's drie top 40 albums in Australië gehad.[3]
Kiri Te Kanawa | |
---|---|
Te Kanawa in 2013 | |
Gebore | Claire Mary Teresa Rawstron 6 Maart 1944 (1944-03-06) (80 jaar oud) Gisborne, Dominium van Nieu-Seeland |
Beroep | Operasanger (Sopraan) |
Jare aktief | 1968–2017 |
Eggenoot | Desmond Park (trou 1967; geskei 1997) |
Kinders | 2 |
Te Kanawa het reeds in verskeie lande eerbewyse ontvang,[4][5] en 'n wye verskeidenheid werke wat dateer uit die 17de tot die 20ste eeu in verskeie tale gesing. Sy word veral geassosieer met die werke van Mozart, Strauss, Verdi, Händel en Puccini, en het aansienlike sukses behaal met die vertolking van prinsesse, die adel, en ander soortgelyke karakters.
Hoewel sy gedurende haar latere loopbaan min opera gesing het, het Te Kanawa dikwels konsert- en solo-opvoerings gegee en ook meesterklasse aangebied.[6] Haar laaste opvoering was in Oktober 2016 in Ballarat, Australië. Sy het egter haar uittrede eers in September 2017 aangekondig[7]