Kaapse luiperd
voorheen Panthera pardus melanotica, word tans nie erken nie,[2] soms verkeerdelik geklassifiseer Leopardi capensis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kaapse luiperd (voorheen Panthera pardus melanotica, word tans nie erken nie,[2] soms verkeerdelik geklassifiseer Leopardi capensis[3]), voorheen bekend as die bergtier of tier,[4][5][6][7][8] word beskou as die hoofroofdier van die Fynbosstreek.[9] Daar bestaan nogal heelwat gesprekvoering oor die aantal subspesies van die luiperd. Die Kaapse luiperd is 'n subspesie van die luiperd (Panthera pardus) "in wording": navorsing word nog gedoen om vas te stel of hierdie luiperd inderdaad voldoende geneties verskil om as 'n subspesie verklaar te word. Die Kaapse luiperd is baie kleiner as die gemiddelde Afrikaluiperd en daar is nie baie van hom oor nie. As hierdie luiperd die subspesiestatus sou kry is die afdwing van beter beskerming moontlik. Nou is dit lastig omdat hierdie luiperd vandag slegs as nog 'n 'gewone' luiperd beskou word en dus (nog) nie bedreig genoeg geag word vir enige daadwerklike aandag nie.[2]
- Hierdie artikel beskryf die Kaapse luiperd in die besonder, nie die Afrikaluiperd (Panthera pardus pardus) oor die algemeen nie.
Kaapse luiperd | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | |
Trinomiale naam | |
' Günther, 1885 | |
Sinonieme | |
P. p. melanotica (uitgedien) |