Jomotsangkha-natuurlewereservaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Jomotsangkha-natuurlewereservaat (voorheen die Khaling-natuurlewereservaat) is die kleinste beskermde gebied in Bhoetan. Dit beslaan ’n gebied van 334,73 km2 in die distrik Samdrup Jongkhar aan die suidoosgrens. Sy hoogte wissel tussen 400 en 2 200 m.
Kitsfeite
Jomotsangkha-natuurlewereservaat | ||
Land | Bhoetan | |
Distrikte | Samdrup Jongkhar | |
Hoogste punt | 2 200 m | |
Laagste punt | 400 m | |
Oppervlakte | 334,73 km2 | |
Diere | Olifant, guar, dwergvark, Bengaalse konyn | |
Webtuiste | Bhutan-trustfonds |
Sluit
Ondanks die klein gebied wat dit beslaan, is die reservaat ’n belangrike habitat vir olifante, gaurs en ander tropiese diere. Dit grens aan die Khaling-reservaat in die naburige Assam.[1][2]