Joeri Loezjkof
From Wikipedia, the free encyclopedia
Joeri Michailowitsj Loezjkof (Russies: Ю́рий Миха́йлович Лужко́в; geb. 21 September 1936 – 10 Desember 2019)[1][2] was 'n Russiese politikus en van 1992 tot 2010 die burgemeester van Moskou. Hy was ook die ondervoorsitter en 'n medestigter van die politieke party Verenigde Rusland.
Kitsfeite Voorafgegaan deur, Opgevolg deur ...
Joeri Loezjkof Юрий Лужков | |
Joeri Loezjkof in 2010 | |
2de Burgemeester van Moskou | |
Ampstermyn 6 Junie 1992 – 28 September 2010 | |
Voorafgegaan deur | Gawriil Popof |
---|---|
Opgevolg deur | Wladimir Resin (waarnemend) Sergey Sobyanin |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 21 September 1936 (1936-09-21) (87 jaar oud) Moskou, Russiese SFSR, Sowjetunie (tans Rusland) |
Sterf | 10 Desember 2019 (op 83) |
Politieke party | KPvdS (1968–1991) Vaderland (1998–2001) Verenigde Rusland (2001–2010) |
Eggenoot/-note | Marina Basjilowa (1958–1989) Jelena Baturina (1991–hede) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Gubkin Moskou Petro & Gas Industrieinstituut |
Religie | Russies-Ortodokse Kerk |
Handtekening | |
Toekennings |
Sluit
Terwyl Loezjkof burgemeester was, het Moskou se ekonomie verbeter en het hy groot bouprojekte in die stad aangepak. Hy is terselfdertyd beskuldig van korrupsie, die sloping van historiese geboue, die swak hantering van verkeersprobleme en die rookkrisis in die stad tydens die groot veldbrande in Rusland in 2010.[3] Hy is op 28 September 2010 deur pres. Dmitri Medwedef uit sy amp ontslaan nadat hy Medewedef na bewering in ’n snydende brief beledig het.[4]