Joachim Nikolaus von Dessin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Joachim Nikolaus von Dessin (* 1704 in Rostock; † 18 September 1761 in Kaapstad) [1][2][3] word deur die bemaking van sy 3 856 boekdele[4][5] (insluitend 9 atlasse en 72 manuskripte)[6][7] en ander rariteite (Dessiniarium) aan die NG Kerk (Kaapse Kerk), soos in sy testament bemaak op 2 Julie 1761,[2][8] onthou as die grondlegger van die Suid-Afrikaanse openbare biblioteek. Sy "herebiblioteek" was die grootste versameling boeke in die Kaapstad van die 18de eeu, en vorm die kern waaromheen die hele Suid-Afrikaanse biblioteekwese ontwikkel het.[9]